
Bathurst staar mynbedreiging in die gesig

conservation
PIET MARAIS - DIE BATHURST gemeenskap berei hom voor daarop om die jongste bedreiging van ’n sand- en steenmyn op die historiese 3000 hektaar meentgrond die hoof te bied. Dit volg op ’n aansoek vir ’n 4ha steengroef. ’n Openbare vergadering is op Dinsdag 20 Mei in die Nolukhanyo Gemeenskapsaal (SolomonMahlangu-saal) gehou.

’n Kennisgewing is voor die vergadering aangebring op ’n hek van Suid-Afrika se grootste munisipale meentgrond wat die publiek kennis gee van ’n aansoek om steen-aggregaat en sand te myn op ’n area die grootte van 10 voetbalvelde. ’n Amptelike kennisgewing is daarna gepubliseer in die koerant Talk of the Town (Mei 8, 2025).
Dit het geblyk dat die Bathurst Meent Bestuurskomitee nie direk gekonsulteer of ingelig is oor die aansoek nie. Talk of Town verstaan dat die komitee byeengeroep is vir ‘n dringende vergadering om die aansoek te bespreek.
Die waarnemende voorsitter, Monty Roodt, het beklemtoon dat die komitee ontwikkelingsinisiatiewe ondersteun.
"Ons as komitee is ten gunste daarvan om die Bathurst Meen te benut as ekonomiese hulpbron om inkomste te verskaf aan werklose inwoners. Maar enige ontwikkeling moet die omgewingsintegriteit van die Albany ruigte en bestaande weiveld bewaar. Ons leidende projekte, naamlik veeboerdery en ekotoerisme, vereis dit," sê Roodt.
Die komitee sou vergader om die pad vorentoe te bespreek en te besluit op ‘n standpunt voor die openbare vergadering op 20 Mei. Kwessies van belang sluit in:
Versuim om die geaffekteerde persone en organisasies genoegsaam in te lig en te konsulteer;
Die omgewingsimpak op weiding, tradisionele genesers, ekotoerisme en die Lushingtonrivier;
Die identiteit van die aansoekers en hul wetlike status;
Versuim van die Ndlambe Munisipaliteit, wat betrokke is by die samestelling van die meent-komitee en verteenwoordiging het op die komitee, om die aansoek bekend te maak;
Hoe hierdie aansoek inpas by die huidige grond-sonering van die meent volgende die ruimtelike ontwikkelingsplan en die geïntegreerde ontwikkelingsplan (IDP).
Hierdie is nie die eerste keer dat daar pogings was om steengroewe op die meentgrond te vestig nie. Byna 2 hektaar daarvan bestaan uit verskeie toegegroeide steengroewe. TOTT het voorheen berig oor ’n in poging in 2019 om ’n sandmyn te vestig en bestaande steengroewe op die meent te laat herleef.
Die huidige myn-aansoek vir steen-aggregaat en sand is ingedien by die Departement Minerale Hulpbronne en Energie namens Bathurst Quarry (Edms) Bpk. Ten einde hul kommentaar in ag te laat neem, moet lede van die publiek registreer as belanghebbende en geaffekteerde partye (IAPs), wat dan die Agtergrond-inligtingsdokument (BID) en voorlopige Basiese Assesseringsverslag (BAR) behoort te ontvang. Om dit te doen, moet jy die Omgewingspraktisyns Lwethuma, McDonald & Mdluli kontak op 079 242 1312 of info@lwethuma.com.
Volgens die kennisgewing gepubliseer op 8 Mei sou ’n openbare vergadering gehou word om 10:00 op 20 Mei 2025 by die Nolukhanyo Gemeenskapsaal (Solomon Mahlangu Saal).
Dit het geblyk ‘n lewendige en soms vurige en emosionele vergadering te wees met meer as ‘n honderd lede van die gemeenskappe van Bathurst en Nolukhanyo byeen in die Solomon Mahlango Gemeenskapsaal.
Hierdie artikel is eerste gepubliseer in Talk of the Town, 15 Mei, 2025. Die koerant bedien die gemeenskappe van Ndlambe en die Sonskynkus, met ‘n weeklikse opsomming van Makhanda nuus beskikbaar op Donderdae.