top of page

Adara Palmietvallei Boetiekhotel: ’n Juweel van Sereniteit aan die Suidpunt van Afrika

  • Writer: Rina Steyn
    Rina Steyn
  • Jul 30, 2025
  • 2 min read
deur Rina Steyn

Hierdie uitsonderlike eiendom kombineer historiese waarde met tydlose elegansie.


Kom leef jouself uit in die perfekte rustigheid en stylvolle atmosfeer van hierdie toevlugsoord - ideaal vir natuurliefhebbers en almal wat op soek is na iets besonders.


Hulle het saamgespan met Go Sustainable Tourism (GST), ’n bestuurmetode vir maatskappye in die toerismeverblyfbedryf wat hulle besigheid volhoubaar wil bestuur.


Op 10 Junie 2025 het Mark van Eyssen, assessor vir GST, ’n welverdiende sertifikaat oorhandig aan die direkteur, Arthur Bisig, en die bestuurder, Jowine Beukes.


Van links na regs: Arthur Bisig, Jowine Beukes en Mark van Eyssen
Van links na regs: Arthur Bisig, Jowine Beukes en Mark van Eyssen

Dit beteken dat hulle voldoen aan die vier gelykwaardige pilare van die metode: Bewaring, Bewoners, Besoekers en Besigheid (Maatskappy).


Hierdie artikel fokus op die maatskappy se verhaal en nooi jou uit om hierdie merkwaardige hotel te besoek.


In 2012 het argitekte Eva en Hermann Rudolph hierdie juweel in die Wynlande ontdek tydens ’n reis deur Afrika, toe dit nog as gastehuis bedryf is. Hulle het onmiddellik verlief geraak op die eiendom en kon dit in 2021 bekom.


Sedert laat 2021 hou die Rudolphs toesig oor omvangryke renovasiewerk van die hele landgoed, en kombineer hulle ’n verbintenis tot gehalte met respek vir die historiese karakter daarvan. Eva het ook die binneversiering met uitsonderlike styl beplan.


Die pragtige Kaaps-Hollandse landgoed is in November 2023 heropen as ’n voortreflike plaasboetiekhotel, geleë op ’n 300 jaar oue wynplaas naby die Paarl.

Die Rudolphs besef dat gaste uiteenlopende behoeftes en voorkeure het, en hulle bedien elkeen met voortreflike toewyding.


Verblyfopsies sluit in die elegante, ruim suites in die historiese Vineyard House en die knus kamers in die bekoorlike Mountain View House.


Die Orchard House en Jacaranda House rond die aanbod af - elkeen van hierdie vier hoofgeboue bied ’n kenmerkende verblyfervaring.


Orchard House
Orchard House

Adara Boetiekhotel is geleë in die Palmietvallei, waar die Drakensteinberge in die ooste en Paarlberg met sy indrukwekkende granietrotse in die weste, asemrowende sonsopkomste en sonsondergange bied.


‘n Kamer in Vinyard House
‘n Kamer in Vinyard House

Die hotel word omring deur wingerde en geurige koejawelboorde met bome wat meer as 200 jaar gelede vanaf Madeira ingevoer is.


Geniet jou oggendkoffie of of skemerkelkie in die pragtige tuine onder majestieuse akkerbome, en in November, pers jakarandas.
Geniet jou oggendkoffie of of skemerkelkie in die pragtige tuine onder majestieuse akkerbome, en in November, pers jakarandas.

Die Rudolphs sorg dat jy maksimum gerief geniet sonder om die natuur te benadeel.

Die bewaring van hierdie unieke omgewing lê hulle na aan die hart - ’n sentiment wat deur die hele personeel gedeel word. "Gerief in harmonie met die natuur".


Die hotelpersoneel
Die hotelpersoneel
Ervaring van tonele soos hierdie verryk die storie van hierdie merkwaardige hotel.
Ervaring van tonele soos hierdie verryk die storie van hierdie merkwaardige hotel.

Jy kan jou gevoel van verwondering verleng deur die wyn van die landgoed - vervaardig deur wynmaker Niel Bester - aan te koop en saam te neem huis toe.


Adara Shiraz
Adara Shiraz

Die landgoed is maklik bereikbaar, net 52 km van Kaapstad Internasionale Lughawe, en naby besienswaardighede soos Boschenmeer-gholfbaan (8 km) en die Universiteit Stellenbosch (35 km).


Kontakbesonderhede

Telefoon:  +27 (0)21 300 1058

Kantoorure: 7:00 am - 8:00 pm

Na ure: +27 (0)82 512 6444 | +27 (0) 72 449 0126

Adres

Adara Palmiet Vallei

Klein Drakenstein 7628 (Paarl) Suid-Afrika

Posbus 9085


Comments


Collapsible text is great for longer section titles and descriptions. It gives people access to all the info they need, while keeping your layout clean. Link your text to anything, or set your text box to expand on click. Write your text here...

bottom of page