La Provence: 'n Toevlugsoord vir toeriste
- Rina Steyn
- Jan 9
- 4 min read
deur RINA STEYN
Go Sustainable Tourism (GST) is 'n bestuursmetode vir entrepreneurs in die toerisme-verblyfbedryf wat daarin belangstel om hul besighede volhoubaar te bestuur. Die GST-bestuursmetode bestaan uit vier gelykwaardige struktuurbene:
1. Conservation (Bewaring): Etiese gebruik van plaaslike hulpbronne om natuurlike en kulturele biodiversiteit te bewaar.
2. Community (Gemeenskap): Betrokkenheid van plaaslike inwoenrs in bestuur en indiensneming.
3. Customer (Kliënt): Riglyne vir die besoeker-teikenmark.
4. Company (Maatskappy): Winsgewendheid van die onderneming.
La Provence is een van die vlagskip-gesertifiseerde lede van GST. Om 'n gesertifiseerde lid te word, moet 'n toerismeverblyf-maatskappy aan 20 kriteria voldoen wat betrekking het op die vier gelykwaardige struktuurbene. In hierdie artikel sal ek fokus op hoekom La Provence voldoen aan die kriteria rondom die kliëntbeen van die metode-hoe ervaar klante hul verblyf by La Provence en wat laat hulle keer op keer terugkeer? Daar is baie plaaslike en oorsese paartjies en gesinne wat in hierdie kategorie val, maar vandag sal ek een paartjie as voorbeeld gebruik.

Carin van Rensburg, eienaar van La Provence Vineyards, het my die volgende storie oor die Duitse egpaar Waldrun en Frieder Butscher vertel:
Hulle het 26 jaar gelede toevallig by die ingang van La Provence Vineyards ingedraai, op soek na verblyf. Dit was die begin van 'n lang verhouding met hulle. Hulle het in Januarie 1998 vir vyf dae by ons gebly voordat hulle Jeffreysbaai toe is, waar hulle twee en 'n half maande gebly het. Daar het hulle 'n kleuterskool vir die plaaslike kinders gestig, onderwysers aangestel en gesorg dat alles goed verloop. Dit het 'n pelgrimstog geword: 25 jaar lank het hulle die kleuterskool onderhou en finansieel ondersteun.
Die jaarlikse pelgrimstog het begin met 'n vyf dae lange verblyf by ons by La Provence, daarna na Jeffreysbaai, en geëindig met 'n week of 10 dae verblyf by ons. Tydens hul verblyf het hulle saam met my ma, Brieta, en myself tennis gespeel en hierdie warm aktiwiteit afgesluit deur heerlik in die natuurlike plaasdam te swem. Met verloop van tyd het hulle 'n Volkswagen Tiguan gekoop wat Johan vir hulle gestoor het om elke jaar Jeffreysbaai toe te gaan. Hul dogter, Enis, en die kinders, Jaro en Marleine, was ook al 'n paar keer hier. Ons het eintlik die hele gesin ontmoet.
Met Frieder se 90ste verjaardag in 2024 en Waldrun se gesondheid wat nie meer 100% is nie, hoewel 'n paar jaar jonger as Frieder, het hulle besluit dat dit die laaste keer sou wees. Dit was 'n baie hartseer dag toe hulle moes groet, maar ons is dankbaar vir die wonderlike tyd wat ons met hulle kon deel. Hulle is spesiale gaste wat vriende geword het.


Ek het die Butschers per e-pos gevra om kort opmerkings te skryf oor hul gevoelens rakende die volgende punte met betrekking tot die kliëntbeen van die metode:
1. Die eienaars se voltydse betrokkenheid by julle as gaste.
Antwoord: We are fully content with the owners’ full-time involvement with us as guests and any of our wants, needs, and problems.
2. Hulle persoonlike aandag aan jou behoeftes.
Antwoord: They always took care of us. On one special occasion, Johan chased a little mouse that had been around the cottage, as I was scared of mice. :-)
3. Veiligheid tydens jou besoek.
Antwoord: We always felt very safe at La Provence. The dogs barked at any unusual noises and protected the property and the guests.
4. Kliëntgesentreerde diens en aktiwiteite deur interaksie.
Antwoord: Die personeel het gereeld en beleefd met ons gesels. Kliëntgesentreerde diens is te alle tye gelewer. Selfs die eienaars van die eiendom was baie sorgsaam, bv. hulle het ons vir 'n skemerkelkie na Tafelberg geneem, vir baie jare saam met ons tennis gespeel en ons genooi vir ontbyt, konserte, musiekblyspele en teatervertonings. Elke jaar het hulle vir ons 'n minimum van twee hoogtepunte of verrassings gebied. Ons was baie dankbaar daarvoor.
5. Geleenthede vir waardering van die plaaslike gemeenskap en kultuur.
Antwoord: The owners went to locally organized concerts with us, as well as to the church, the market, the cinema, etc.
6. Wat het jou veral vir soveel jare laat terugkom na La Provence?
Antwoord: It was the lovely and personal friendship between us and them; we belong to the family and were invited to all the parties and family festivities. We saw their children growing up, especially Rouxanne, who was 2 years old when we first came to SA and La Provence. We also love the surroundings, the natural pool with spring water, and the apartment No. 1 we always wanted and received, close to the pool. Also, going out to other restaurants for a meal was very easy and close, and they showed us a lot of nice places to go to.
Dit blyk dat dit alles in die besonderhede is wat kliënte weer en weer laat terugkom. Carin en Johan verstaan en is mal oor die kuns om gashere ten beste te wees. Dit is wat La Provence 'n toevlugsoord vir toeriste maak.




Comments